Vampier

Vampiere (afgelei van die Serwiese vampir) is volgens die mitologie en volksverhale nagtelike wesens, meestal opgewekte menslike lyke, wat die bloed van mense en diere suig en oor bonatuurlike vermoëns beskik. Hierdie vermoëns varieer na gelang van die verskillende kulture en mites, waarin vampiere voorkom. Soms tree vampiere ook in nie-menslike gedaantes soos demone en diere op (byvoorbeeld vlermuise, honde en spinnekoppe). Byna die hele spektrum van mitologiese elemente is in die moderne vampierliteratuur ingebring - godsdiens en die strewe na ewige jeug en onsterflikheid, bloed (as 'n simbool van lewenskrag), fisiese en estetiese aantreklikheid, liefde, seksualiteit en erotiese verhoudings. Daarnaas behandel die genre aanhoudende onderliggende vrese - soos dié om lewendig begrawe te word.


Developed by StudentB